Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Latest News / Wat Word Van Die Werknemers Wanneer N Onderneming Verkoop Word

Wat word van die werknemers wanneer 'n onderneming verkoop word?

SHOWING ARTICLE 113 OF 200
GALLERY

Wat word van die werknemers wanneer 'n onderneming verkoop word?

Category Legal

Volgens die Gemenereg word die bestaande indiensnemingskontrakte tussen die werknemers en die sake ondeneming geskrap wanneer die onderneming verkoop, tot niet gemaak, saamgesmelt of oorgeneem word.

Luidens Grogan (bl. 346, Workplace Law, 11de Uitgawe. Herdruk 2016) is die beginsel hier dat 'n werkgewer nie 'n werknemer kan "dwing" om vir iemand anders te werk nie. Derhalwe het die ou 1956 Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV)  aanvaar dat 'n werkgewer wat haar onderneming wou beeïndig of verkoop, dit doen weens operasionele vereistes. En daarom was sy verplig om 'n skeidingsloon ("severance pay") aan haar werknemers te betaal.

Onder die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge werk dit anders. Afdeling 197 van die nuwe WAV maak voorsiening dat die bestaande indiensnemingskontrakte automaties oorgedra word na die nuwe werkgewer, met in agneming van etlike voorwaardes.

Afdeling 197:

In terme van Afdeling 197 van die WAV is die verkoop van 'n onderneming as 'n lopende saak onderworpe aan die voorsienings van die WAV. Afdeling 197 van die wet gaan oor die oordrag van 'n indiensnemingskontrak en omskryf 'n "Besigheid"  as die totale of gedeeltelike bedrywighede van enige sakeonderneming, nywerheid, industrie, onderneming of diens.

"Oordrag" beteken die oordag van 'n onderneming van een werkgewer (die ou werkgewer) na 'n ander werkgewer (die nuwe werkgewer) as 'n lopende saak.

Kortom, die tersaaklike afdeling bevat provisos wat die regte van die werknemers beskerm  wanneer hulle van die ou werkgewer na die nuwe werkgewer oorgedra word. Die nuwe werkgewer word outomaties aanspreeklik vir die eerbiediging van alle indiensnemingskontrakte gesluit met die ou werkgewer voor die oordrag.

Alle regte en verpligtinge tussen die ou werkgewer en die werknemer ten tyde van die oordrag bly van krag asof dit gewoon regte en verpligtinge van die nuwe werkgewer jeens die werknemer is.

Enige wanoptrede voor die oordrag deur of in verband met die ou werknemer, insluitend die afdanking van 'n werknemer, 'n kommissie van ondersoek na 'n onbillike arbeidspraktyk of onbillike diskriminasie, word beskou as 'n handeling en/of oortreding deur of in verband met die nuwe werkgewer.

Die oordrag onderbreek nie die verloop van die diens van die werknemer nie en die werknemer se dienskontrak loop met die nuwe werkgewer soos met die oue. Die nuwe werkgewer mag nie die werknemer in diens neem op terme en voorwaardes wat minder gunstig is jeens die werknemers as wat die geval met die ou werkgewer was nie.

Die nuwe werkgewer is gebind aan enige kollektiewe ooreenkoms (ooreenkoms met 'n unie) soos besluit voor die oordrag. Afdeling 197(7) identifiseer 'n aantal kwessies waaroor die ou en nuwe werkgewer moet ooreenstem soos byvoorbeeld:

Opgehoopde verlof

Betaling van uitstaande skeidingslone

Enige ander betalings verskuldig aan werknemers

Die ou en nuwe werkgewer moet 'n ooreenkoms sluit waarin die werkgewer aanspreeklik is vir sulke gelde of 'n ooreenkoms oor die verdeling van laste.

In die afwesigheid van enige ooreenkoms tot die teendeel, is die ou werkgewer tesame met die nuwe werkgewer aanspreeklik teenoor 'n werknemer wat geregtig is op 'n betaling soos gekontempleer in Afdeling 7 sowel as vir enige eis met betrekking tot enige term of voorwaarde van indiensname wat ontluik het voor die oordrag.

Voorbeelde van goed wat die nuwe werkgewer moet eerbiedig wanneer 'n onderneming oorgekoop word as 'n lopende saak sluit van die volgende in:

Salarisse

Ooreengekome salaris verhogings vir vakbondlede en selfs nie-lede in gevalle waar hierdie praktyk in die verlede die geval was

Oorbetaling van vakbondlede fooie

Betaling van en oorbetaling van enige ooreengekome bydraes tot die pensioenfonds van 'n erkende unie

Erkenning van enige vorige diensjare met die ou werknemer

Werkgewers wat van voorneme is om hul ondernemings as lopende sake te verkoop, sowel as kopers van sulke ondernemings, behoort nouliks die uiteensettings van Afdeling 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge in ag te neem voor so 'n transaksie.

Omdat die nuwe werkgewer vir die ou werkgewer instaan, word sy belas met reuse laste indien die uiteensettings van Afdeling 197  ignoreer of verontagsaam word. Netso, mag die ou werkgewer steeds aanspreeklik gehou word vir enige verpligtinge teenoor haar vorige werknemers. Hierdie kan onsmaaklike en duur gevolge meebring.

Author DJJ LEMMER LABOUR RELATIONS
Published 23 Feb 2019 / Views -
TULBAGH: Boutique wine estate with excellent wines.
42 Photos
R23,000,000

20Ha Farm For Sale in Tulbagh Rural

3
3
2
20Ha
This 20,7-hectare boutique wine estate is situated on 3 titles and offers panoramic 360-degree views of the surrounding...
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.