Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Latest News / Is N Mondelinge Kontrak Van Grond Afdwingbaar

Is 'n mondelinge kontrak van grond afdwingbaar?

SHOWING ARTICLE 108 OF 197
GALLERY

Is 'n mondelinge kontrak van grond afdwingbaar?

Category Legal

Berig geplaas deur Landbou.com se kundige afdeling: 

https://www.netwerk24.com/landbou/kundiges/vraag/Mondelinge-kontrak-met-aankope-van-grond-20180123

Geskryf op 7 Julie 2014 deur mnr. Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad

Vraag:

Hoop u kan my advies gee, ek het al by van u antwoorde aan boere gesien dat 'n mondelinge ooreenkoms as 'n bindende kontrak beskou word! Ek en my buurman het ooreengekom op 3 verskillende geleenthede dat hy die akte wat aan ons grens, aan ons sal verkoop, die prys asook datum is bespreek. Verlede week vertel hy my hy soek 5 keer meer as die prys waarop ooree gekom was, dit is ook 5 keer meer as markverwant. Daar is geen geboue of verbeterings op die grond nie (slegs grond ter sprake)! Ek het n getuie van 'n eiendomsagent wat hy gevra het om die grond te waardeer en dit is hoe ons op die prys neergekom het . Het ek enige regte in die saak, u advies of raad sal opreg waardeer word?

Antwoord:

Dit is so dat mondelinge ooreenkomste wel geldig is, tensy daar geen spesifieke wetgewing bestaan wat vereis dat die betrokke kontrak op skrif moet wees en aan sekere vereistes moet voldoen. Die verkoop van grond is só 'n transaksie. Die wetgewer het die verkoop van grond van sulke groot belang ge-ag dat hy 'n wet daarvoor uitgevaardig het, Die Wet op Vervreemding van Grond, Nommer 68 van 1981, wat die verkoopkontrakte van grond spesifiek reël. Die Wet bepaal dat 'n kontrak vir die verkoop van grond nie geldig is, tensy dit op skrif is, deur die Verkoper en die Koper geteken is, die grond daarin beskryf word, en die koopprys daarin aangedui word nie.

Selfs 'n opsiekontrak om grond te koop, moet aan hierdie vereistes voldoen. Dit beteken dat die buurman in so 'n geval soos die van u, aan geen van die voorstelle wat hy destyds gemaak het, gebind is nie. Selfs nie eers julle handskud , of "gentleman's agreement" plaas enige verpligting op hom om uitvoering te gee aan dit wat julle destyds bespreek het nie.

Dit is 'n jammerlike  situasie vir uself, maar ek wil u tog versoek om met sulke ingewikkelde aangeleenthede onmiddellik na u prokureur te gaan om u te adviseer en u transaksie op die regte pad te plaas. Die geld wat u hom daarvoor betaal, is oor en oor die moeite werd en gee u gemoedsrus dat u transaksie veilig is. Dit is eenvoudig nie die moeite werd om sulke onderhandelings aan te pak sonder die hulp van 'n ervare prokureur nie.

Author Butch van Blerk, Bill Tolken Hendrikse Ingelyf
Published 17 May 2019 / Views -
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.