Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Latest News / Kapitaalwins Belasting

Kapitaalwins belasting

SHOWING ARTICLE 150 OF 200

Kapitaalwins belasting

Category Taxation

Die eerste vraag wat gewoonlik gevra word by die verkoop van ‘n plaasonderneming, is wat gaan my kapitaalwins belasting beloop? Tradisioneel word plaaseiendomme in of ‘n trust of ‘n maatskappy gehou en die boerderyaktiwiteite in ‘n ander entiteit soos ‘n beslote Korporasie, maatskappy of individu. Daar sal dan twee ooreenkomste wees met die verkoop van die hele plaasonderneming en sal ‘n lopende saak slegs uitgemaak kan word indien die grondeienaar en boerderyentiteit oor ‘n huurverhouding beskik waarop BTW in die verlede gehef was.

By die bepaling van die kapitaalwinsbelasting kom die basiskoste van die eiendom en die besigheid ter sprake. Die basiskoste kan op vier maniere bepaal word en jy kan die een toepas wat vir jou die voordeligste uitwerk. Die vier metodes is:

a.  Waardasiedatum waarde metode

b. Markwaarde metode

c. Tydtoedelingsbasis metode

d. 20% van opbrengs metode

Een van die groot kwelpunte by plaaseiendom is die primêre woning. Daar is ‘n paar vereistes waaraan die plaashuis moet voldoen om as ‘n primere woning te kwalifiseer. Die belangrikste is dat dit slegs as ‘n woonhuis gebruik moet word. Met die bepaling van die basiskoste is dit dan ook belangrik om te onderskei tussen die plaaseiendom en die primêre woning aangesien daar kortings is op die primere woning. Tans is die eerste R2 miljoen kapitaalwins vrygestel op primere woning wat by die verkoop van die plaaseiendom gaan geld, mits dit bewys kan word. Dit maak nie saak watter  basiskosteberekeningsmetodes gebruik word nie, die verdeling moet bewys kan word. Met die waardasiemetode was dit maklik om op 1 Oktober 2001 die verdeling te gedoen het. Daar is ongelukkig baie waardasie wat nie die plaashuis as primere woning wys nie en hier kan jy ‘n probleem optel.

By die opstel van die verkoopskontrak is dit dan ook belangrik om die verkoopsprys toe te deel aan die onderskeie bates, veral die primere woning. Dit maak dit net baie makliker indien daar navrae sou kom.

By die verkoop van die boerderybesigheid word daar gewoonlik ‘n waarde op die bates en voorraad gesit en daarvoor verkoop. Die belangrike punt hier is dat die kapitaalwins eers trigger as die verkoopsprys meer as die basiskoste (wat die kosprys sal wees) is. Boerderybedrywighede het die voordeel dat hulle boerderybates kan afskryf vir belasting oor 3 jaar, 50/30/20. In die meeste gevalle is die bates wat verkoop word reeds ten volle afgeskryf. Indien daardie bate verkoop word is die bedrag tot die kosprys ‘n verhaling en onderhewig aan gewone belasting en die gedeelte wat die kosprys oorskry aan kapitaalwinsbelasting.

In beide gevalle waar die plaaseiendom en die boerderybesigheid verkoop word, is die entiteit welke die bates hou ook belangrik. Die insluitingkoers vir kapitaalwinsbelasting by trusts, BK’s en maatskappy is 80% en by individue is dit 40%. Dit gaan dus goedkoper wees om die kapitaalwins in die individu se naam te setel, indien moontlik. By trusts kan die kapitaalwins uitgekeer word en in die begunstigdes se naam belas word. By Bk’s en maatskappye is dit nie moontlik nie. Daar sal dan ‘n verdere dividendbelasting betaal moet word om die fondse uit die maatskappy of BK te kry nadat alle skulde betaal is. Daar kan gepoog word om die belang of aandele te verkoop wat dan die kapitaalwins in die houer van daardie belang of aandele belas word. Hierdie is ook nie altyd ‘n beter som nie aangesien dit afhang van leningsrekeninge, aangesien die aandele of belang gewoonlik ‘n basiskoste het van R100 indien dat na 1 Oktober 2001 reregistreer is.

Vir verdere navrae kontak vir Hendri Kok (hendri@sfd.co.za) of Jan Lamprecht (jan@recht.co.za).

Author Hendri Kok en Jan Lamprecht
Published 24 Nov 2017 / Views -
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.