R11,550,000
Monthly Bond Repayment R121,189.06
Calculated over 20 years at 11.25% with no deposit.
Change Assumptions
Calculate Affordability | Calculate Bond & Transfer Costs | Currency Converter
VOSBURG: Goeie veldbedekking vir meer as 1,000 skaap
Die 5394-hektaar plaas spog met baie goeie veldbedekking, agv goeie bestuur en konserwatiewe beweidingsmetodes tydens die voorafgaande jare.
Dit is gelee ongeveer 40-km vanaf Vosburg en 65-km vanaf Carnarvon, in die Westelike Karoo.
Die natuurlike weiding het uitstekende veldbedekking bestaande uit groot verskeidenheid vreetbare Karoo-bossies en -struike, waaronder die Karoobos, Ganna, Perdekaroo, Skilpadkaroo, Kapokbos en groot areas is bedek met lang- en kortbeen Boesmangras.
Die topografie bestaan uit uitstekende natstoot leegtes, rante en gedeeltelike bergveld met goeie voorskootveld.
Die gemiddelde jaarlikse reenval van 250mm kom hoofsaak voor gedurende somer en herfs. Die droe warm klimaat met koue winters en warm somers is baie gesonde toestande en dra by tot min veesiektes en tot die produksie van hoe kwaliteit vleis en wol.
Die amptelike drakrag wissel van 1:28 tot 1:30 GVE/hektaar en derhalwe kan daar met gemak met 1,155 kleinvee eenhede geboer word.
Die boedery infrastruktuur bestaan uit 16 weikampe en elke kamp is voorsien van een of meer veesuipings. Die grootste gedeelte van die plaas is jakkalsproef omhein.
Water word voorsien vanaf 9 windpompe asook `n sonpomp. Daar is sterk ondergrondse water wat ook die geleentheid skep vir besproeiingsmoontlikhede.
Die woonhuis kort baie aandag. Dit bestaan uit 4 slaapkamers, 3 badkamers, TV-kamer, sitkamer en kombuis. Die twee rondawels het ook badkamers en daar is ook `n sogenaamde jagtershuis en 2 arbeidershuise. Daar is ook `n groot stoor en werkskamer.
Lewendehawe bestaan uit 450 Dorper- en kruisrasooie asook teelramme wat ingesluit by die prys van die lopende saak.
Die verkoper is `n geregistreerde BTW ondernemer en daarom word die plaas met lewendehawe aangebied as `n lopende saak teen R11,550,000.00 BTW teen 0% uitgesluit.
Neem ook kennis dat `n aangrensende 1967-hektaar plaas ook te koop is. Indien dit ook bygekoop word en as `n eenheid geboer word, sal dit `n groter ekonomies lewensvatbare eenheid vorm.

Features
Pets Allowed
Yes
Interior
Bedrooms
4
Bathrooms
3
Kitchen
1
Reception Rooms
2
Furnished
No
Exterior
Garages
2
Security
Yes
Parkings
2
Domestic Accomm.
2
Pool
No
Scenery/Views
Yes
Sizes
Land Size
5,394Ha
STREET MAP
STREET VIEW
Vosburg in the news
AGRISELL AUCTIONS
Need a specialist to auction your assets? First Auction to be held at 11:00 AM on 24 February 2018 at Lord Charles Hotel, Somerset WestJan Vos
Candidate Property Practitioner Registered with PPRA(FFC 20237144406) Show number View my listings WhatsApp