VOSBURG: Goeie veldbedekking vir meer as 1,000 skaap
Dit is gelee ongeveer 40-km vanaf Vosburg en 65-km vanaf Carnarvon, in die Westelike Karoo.
Die natuurlike weiding het uitstekende veldbedekking bestaande uit groot verskeidenheid vreetbare Karoo-bossies en -struike, waaronder die Karoobos, Ganna, Perdekaroo, Skilpadkaroo, Kapokbos en groot areas is bedek met lang- en kortbeen Boesmangras.
Die topografie bestaan uit uitstekende natstoot leegtes, rante en gedeeltelike bergveld met goeie voorskootveld.
Die gemiddelde jaarlikse reenval van 250mm kom hoofsaak voor gedurende somer en herfs. Die droe warm klimaat met koue winters en warm somers is baie gesonde toestande en dra by tot min veesiektes en tot die produksie van hoe kwaliteit vleis en wol.
Die amptelike drakrag wissel van 1:28 tot 1:30 GVE/hektaar en derhalwe kan daar met gemak met 1,155 kleinvee eenhede geboer word.
Die boedery infrastruktuur bestaan uit 16 weikampe en elke kamp is voorsien van een of meer veesuipings. Die grootste gedeelte van die plaas is jakkalsproef omhein.
Water word voorsien vanaf 9 windpompe asook `n sonpomp. Daar is sterk ondergrondse water wat ook die geleentheid skep vir besproeiingsmoontlikhede.
Die woonhuis kort baie aandag. Dit bestaan uit 4 slaapkamers, 3 badkamers, TV-kamer, sitkamer en kombuis. Die twee rondawels het ook badkamers en daar is ook `n sogenaamde jagtershuis en 2 arbeidershuise. Daar is ook `n groot stoor en werkskamer.
Die verkoper is `n geregistreerde BTW ondernemer en daarom word die plaas met lewendehawe aangebied as `n lopende saak teen 10 600 000.00 BTW teen 0% uitgesluit.
Neem ook kennis dat `n aangrensende 1967-hektaar plaas ook te koop is. Indien dit ook bygekoop word en as `n eenheid geboer word, sal dit `n groter ekonomies lewensvatbare eenheid vorm.
Features
Vosburg, Vosburg
- Street map
- Street view
Finance
R0,00
R0,00
Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.