Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Latest News / Thys Basson

Thys Basson

SHOWING ARTICLE 135 OF 200
GALLERY

Thys Basson

Category Agent Profile

Thys het sy skool opleiding op Eendekuil en Piketberg voltooi. Na Matriek in 1965 het hy saam met sy pa begin boer op die plaas Sorgvliet in die Eendekuil omgewing tot 1972 - toe hy die boerdery oorgeneem het en vir sy eie rekening boer tot 1987 toe hy sy boerdery verkoop het.

Hy het reeds van jong ouderdom betrokke geraak by georganiseerde landbou en aktief deelgeneem aan verskeie plaaslike boereverenigings, boere unies en wol-kwekersvereniging aktiwieteite en het ook in leidende posisies gedien vir lang tydperke. Hy raak betrokke by die direksie van Sebraskop Koöperatiewe Kaasfabriek en later na amalgamasie met Bonnievale Kaasfabriek, by Kaap Suiwel Koöperatief en die nasionale Suiwel produkte verspreider, Sacca.

In sy boerdery loopbaan was daar verskeie eerstes vir die boerdery van die omgewing soos byvoorbeeld: Hy bou die eerste visgraat melkportaal met ʼn massa melktenk in die Piketberg distrik en die eerste industriële melk in massa is op sy plaas opgelaai. Thys was ʼn leier op die gebied van bewaringsbewerking en, sover bekend is, die eerste koring met die "no-till" konsep, deur hom geplant, reeds vroeg in die 1980's met groot sukses. Sederdien het dit algemene praktyk geword in die Wes-Kaap.

Na ʼn kort rukkie in die hotel bedryf het hy in Oktober 1997 tot die eiendomsbedryf toegetree en was baie aktief en suksesvol in die landbou eiendomsmark sedertdien, eers by ander agentskappe en sedert 2002 met sy eie agentskap tot 28 Februarie 2018. Met sy basis op Piketberg en ʼn tak kantoor op Dwarskersbos en ʼn paar agente op ander dorpe, het hy saam met sy seun Conrad ʼn baie suksesvolle agentskap bedryf. Hy en sy agentskap sluit vanaf 1 Maart 2018 by Agrisell aan om 'n sterker rolspeler in die gebied van die Piketberg kantoor van Agrisell te word.

Met sy uitgebreide landbou ondervinding het dit vir hom ʼn goeie agtergrond gegee vir die bemarking van landbou eiendomme en kan hy sy kliënte met kundigheid bedien, wat voorspruit uit persoonlike ondervinding van die landbou, klimaat en grond toestande van die Wes Kaap.

Thys is getroud met Selma en het drie seuns en daar is agt klienkinders. Hy het nooit tyd gehad om self sport te beoefen nie, maar sy belangstelling lê by rugby en krieket en veral as sy kleinkinders speel. Verder is die rustigheid van die huis en familie die ideale ontspanning, saam met ʼn lekker Saterdagaand braai. Suid Afrika se natuur en wildparke en ʼn jag in Namibië was die ideale uitspan geleenthede.

Sy leuse was altyd "toegewyde persoonlike diens" ("dedicated personal service") en by Agrisell is die geleenthede net groter om daardie leuse uit te leef. Agrisell het die platvorm om aan ʼn toegewyde agent die geleentheid te bied om te presteer en te groei, ook tot voordeel van sy bestaande en potensiële kliënte. By Agrisell is die kliënt eerste en hul is die leidinggewende eindomsagentskap op verskeie gebiede. Dit pas in by Thys se strewe na uitmuntende diens.

Author Thys Basson
Published 27 May 2018 / Views -
3 BEDROOM HOUSE FOR SALE IN PIKETBERG
NEW
40 Photos Mapped
R2,950,000

3 Bedroom House For Sale in Piketberg

3
2
2
2,864m²
Take time to view this exquisite, well kept property in Piketberg. The property is ideally situated to ensure a...
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.