Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Latest News / Ervaring Kennis Van Bedryf Kry Jy Nie Oral

Ervaring, kennis van bedryf kry jy nie oral

SHOWING ARTICLE 175 OF 200

Ervaring, kennis van bedryf kry jy nie oral

Category Other

ls dit nodig om 'n eiendomsagent te gebruik, en hoe moeilik kan dit wees om 'n huis te verkoop? vra kopers en verkopers dikwels. Bill Rawson van die Rawson propert Group waarsku dat die proses ingewikkeld is.

 

Baie voornemende verkopers vra hulself af of dit die moeite werd is om 'n eiendomsagent te gebruik. Want hoe moeilik kan dit wees om 'n eiendom te verkoop met aI die advies wat op die internet beskikbaar is?

 

Dit is egter baie ingewikkelder as wat mense besef; en dit is waarom daar so baie slegte eiendomsagente was voordat verpligte kwalifikasies en streng reguIasies vir die bedryf ingestel is.

 

Privaat verkooptransaksies is beslis moontlik, maar dit eindig gewoonlik nie in die verkoper se guns nie. Dit verg baie werk, ervaring en vaardigheid om 'n eiendom goed te verkoop.

Sonder die regte opleiding, gereedskap en verbintenis is dit baie moeilik om die mark suksesvol te benader.

 

Hoe beter eiendomsagente is, hoe minder gaan dit lyk of hulle hul prys werd is. Dit is een van die algemene probleme wat gewoonlik lei tot die wanindruk dat eiendomsagente nie hul kommissie werd is nie.

 

'n Maklike, vinnige verkoop is die doelwit, maar dit wek die indruk dat dit nie harde werk is om eiendom te verkoop nie. Verkopers besef nie wat agter die skerms by 'n goeie  eiendomsagentskap aangaan nie.

 

'n Vinnige verkooptransaksie vind plaas wanneer 'n eiendom se prys reg is, die eiendom goed bemark word en aan 'n groep geskikte, ernstige kopers blootgestel word.

 

Topverkoopsyfers word behaal deur goeie onderhandelingsvaardighede en 'n goeie begrip van kopersielkunde. Om hierdie vaardighede te bemeester verg jare se ervaring en 'n begrip van die bedryf. Jy kan dit nie net vinnig op die internet leer nie.

 

Die soort ervaring baat die verkoopproses nog voordat die eiendom in die mark kom. 'n Goeie eiendomsagent weet wat kopers in die gebied soek en sal jou duidelike advies kan gee oor hoe om die eiendom aanlokliker te maak voordat dit in die mark is.

 

Hulle sal ook 'n gedetailleerde waardebepaling kan doen wat op akkurate en huidige markdata gebaseer is om 'n realistiese bemarkingsprys vir jou eiendom te bepaal.

 

Hierdie dienste is gratis. Privaat verkopers kan dan natuurlik die inligting vir hul eie verkoopveldtog gebruik.

 

Dit sal egter beteken dat hulle nie sal kan voordeel trek uit die kundigheid wat 'n agent rakende bemarking en advertensies het nie.

 

Groot eiendomsagentskappe in Suid-Afrika belê baie tyd en geld daarin om bemarkingsmateriaal van 'n hoë gehalte deur goed gevestigde kanale te produseer en te versprei.

 

Privaat verkopers het net 'n beperkte aantal bronne wat aan hulle beskikbaar is en kan eenvoudig nie dieselfde aantal mense bereik as eiendomsagente met groot databanke nie.

 

Baie voornemende kopers is ook soms versigtig vir privaat transaksies weens die gevaar van komplikasies.

 

Author Bill Rawson
Published 24 Sep 2016 / Views -
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.