Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Latest News / Oordragskoste Van Huisplaas In Pa Se Boedel

Oordragskoste van huis/plaas in pa se boedel

SHOWING ARTICLE 179 OF 200

Oordragskoste van huis/plaas in pa se boedel

Category Legal

My ouers is binne gemeenskap getroud. Indien my pa sterf , sal my ma dan oordragkoste moet betaal om die huis / plaas op haar naam alleen te kry? Die huis is op albei se name. Tweedens, as my ouers die huis / plaas nou op my broer se naam sit, wat sal dit kos?

Partye wat in gemeenskap van goed getroud is, beskik oor een gemeenskaplike boedel waarvan elkeen ‘n onderverdeelde halwe aandeel besit. Artikel 17 van die Registrasie van Akteswet maak daarvoor voorsiening dat, in die geval van ‘n huwelik in gemeenskap van goed, die eiendom in albei partye se name geregistreer moet word.

Indien jou pa te sterwe sou kom, word die huwelik in gemeenskap van goed beëindig. Dan moet sy onverdeelde halwe aandeel deur die eksekuteer van die gemeenskaplike boedel aan jou ma oogedra word – indien sy die erfgenaam is.

Die gemeenskaplike boedel dra die oordragskoste van die onverdeelde halwe aandeel van jou oorlede pa na jou ma, indien sy die oorlededene se halwe aandeel erf.

Omdat dit slegs oor ‘n halwe aandeel gaan, beloop die oordragskoste ook ongeveer die helfte van die koste van wat ‘n volle oordrag sou beloop.

‘n Oordrag van die woning / plaas in die naam van jou broer sal die oordrag van die hele eiendom behels en die volle koste van die oordrag van die hele eiendom beloop. Dit word deur die oordragprokureur bereken, gebaseer op die eiendom se markwaarde.

Jou ouers moet net onthou dat jou broer vir die eiendom sal moet betaal, anders kan dit moontlik op ‘n skenking neerkom, in welke geval jou ouers 20% skenkingsbelasting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal moet betaal.

Indien ek ‘n eiendom erf, is daar mos nie skenkingsbelasting soos in die geval van ‘n skenking nie?

Wanneer ‘n eiendom kragtens die bepalings van ‘n testament geërf word, is daar inderdaad geen skenkingsbelasting ter sprake en betaalbaar nie.

Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

Author Butch van Blerk
Published 27 Aug 2016 / Views -
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.