Agrisell Logo +27 21 887 0468
You are here: Agrisell / Latest News / Begroting 2017

Begroting 2017

SHOWING ARTICLE 165 OF 200

Begroting 2017

Category Taxation

Sover dit inkomstebelasting aangaan, sal die voorstelle van toepassing wees op die 2018 belastingjaar, byvoorbeeld jaar geëindig
28 Februarie 2018 in geval van natuurlike persone. Bedrae wat in hakies getoon word, dui op die vorige jaar.

Let daarop dat hierdie slegs 'n opsomming is, en voorts voorstelle wat deur die Minister gemaak is. Finale wetgewing mag dalk hiervan afwyk.

Persoonlike belasting : Individue (Sien Tabel A)

  • Laagste belastingkoers van 18% van toepassing op belasbare inkomste tot R189 880 (R188 000)
  • Marginale koers 41% op belasbare inkomste bo R708 300, met nuwe blok van 45% op belasbare inkomste bo R1 500 000 (41% bo R701 300)
  • Korting onder 65 jaar – R13 635 (R13 500)
    65 jaar en ouer – R21 114 (R20 907)
    75 jaar en ouer – R23 607 (R23 373)
  • Rentevrystelling onder ouderdom 65 – R23 800 (onveranderd)
  • 65 en ouer – R34 500 (onveranderd)
  • Belastingdrempel – R75 750 (R75 000)
  • 65 jaar en ouer – R 117 300 (R116 150)
  • 75 jaar en ouer – R131 150 (R129 850)
  • Bydraes tot mediese fonds kwalifiseer vir 'n belastingkrediet per jaar van R3 636 (R3 432) per persoon vir die eerste twee lede en R2 448 (R2 304) per persoon vir elke addisionele lid.
  • Belastingblokke ten opsigte van enkelbedragvoordele by aftrede bly onveranderd (sien Tabel B).


Hereregte

Word ietwat aangepas ten opsigte van eiendom aangekoop op of na 1 Maart 2017. ALLE natuurlike persone en regspersone:

Nuut - Vanaf 1 Maart 2017
R0 - R900 000 : Nul
R900 001 tot R1 250 000 : R3% bo R900 000
R1 250 001 tot R1 750 000 : R10 500 + 6% bo R1 250 000
R1 750 001 tot R2 250 000 : R40 500 + 8% bo R1 750 000
R2 250 001 tot R10 000 000 : R80 500 + 11% bo R2 250 000
Bo R10 000 001 : R933 000 + 13% bo R10 000 000

Voorheen - Tot 28 Februarie 2017
R0 - R750 000 : Nul
R750 001 tot R1 250 000 : 3% bo R750 000
R1 250 001 tot R1 750 000 : R15 000 + 6% bo R1 250 000
R1 750 001 tot R2 250 000 : R45 000 + 8% bo R1 750 000
R2 250 001 tot R10 000 000 : R85 000 + 11% bo R2 250 000
Bo R10 000 001 : R937 500 + 13% bo R10 000 000

Skenkingsbelasting (onveranderd)

  • Vrygestel tot R100 000 p.j.
  • Skenkingsbelasting betaalbaar teen 20% deur skenker

Boedelbelasting (onveranderd)

  • Basiese korting : R3,5 miljoen
  • In geval van 'n egpaar, het langslewende 'n korting van R7 miljoen minus soveel van korting deur eerssterwende benut
  • Belastingkoers : 20%

Kapitaalwinsbelasting (onveranderd)

Die insluitingskoerse van kapitaalwins by belasbare inkomste word verhoog:

  • Individue en spesiale trusts : 40%
  • Maatskappye en trusts : 80%

Vrystellings vir individue:

  • Jaarlikse vrystelling : R40 000
  • Vrystelling by dood : R300 000
  • Primêre woning : R2 000 000
  • Kleinsake-bates [bates tot R10 miljoen] : R1 800 000

BTW (onveranderd)

  • Koers bly onveranderd teen 14%
  • Verpligte registrasie as omset meer as R1 miljoen per jaar bly onveranderd

Trusts

  • Belastingkoers beloop nou 45% (41%)
  • Deurvloeibeginsel word behou

Dividendbelasting

  • Verhoog na 20% (15%)
  • Effektief 22 Februarie 2017

Ander aankondigings

  • Maatskappy se belastingkoers onveranderd teen 28%
  • Omsetbelasting op mikrobesighede se koerse by onveranderd (sien Tabel C)
  • Kleinsakekorporasie se belastingkoers is gering aangepas (Tabel D)
  • Belastings op drank- en tabakprodukte verhoog
  • Kwalifiserende buitelandse salaris-inkomste sal slegs vrygestel wees indien dit onderhewig is aan belasting in die buiteland
  • Teenvermydingsmaatreëls met betrekking tot artikel 7C word voorgestel, met die oog daarop om lenings aan maatskappye wat deur 'n trust besit word ook in te sluit, met sekere uitsonderings
  • Belastingvrye spaarrekenings verhoog na R33 000 p.j. (R30 000)
Author Pieter Steenkamp, Stellenbosch (Belasting en Boedelspesialis)
Published 24 Mar 2017 / Views -
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the Agrisell website is accurate and up to date, Agrisell makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Sign-up for our newsletter
Sign-up for Agrisell's informative monthly newsletter with the latest industry news.